- Votes:
- See also:
Chris Chameleon - Vlerke lyrics
Te lank al is ek teruggetrokke
 Skuil ek in die skadu's waar die son my nie kan bereik nie
 Te lank al kruip ek nie meer uit die duister huis
 Waarin ek my dig toegesluit het nie
 Maar jy het hierdie yster kluis
 Verbrysel met jou glimlag wat van son gemaak is!
 Jy gee my vlerke
 Jy laat my vlieg
 En ek vlieg op die wieke van die winde
 Van my wildste drome
 Vlieg soos n arend uit die nag.
 Te lank al leef jy sonder hoopChris Chameleon - Vlerke - http://motolyrics.com/chris-chameleon/vlerke-lyrics.html
 Dat liefde jou weer terug sal vind
 En lig in jou lewe kan bring
 Te lank al sien jy nie die weg
 Die weg wat jou hart vir jou wys
 Wat lei tot jou bevryding
 Maar ek sing vir jou n nuwe lied
 Van drome wat waar kan word
 En in ligskerwe verskiet
 Jy het vlerke
 Jy kan vlieg
 En jy vlieg op die wieke van die winde
 Van jou wildste drome
 Vlieg soos n arend na die son!








